'n IEMAND MENS
Ek verstaan die deur mekaar in jou.
Hoe dit is as niemand jou, jou eie asem gun.
Ek begryp as jy 'n stukkie lewe vir die wind moet gee.
Jy dink jy's 'n niemand mens.
Jy is 'n 'iemand – mens'.
Net soos jy, is ek ook 'n mens wat sommer nog gister was waar jy is.
Soms ook met eensaamheid om die hart gebind,
En dit voel of die donker soms sny aan jou lewens aar.
En jou gevoels ervaring in onmag verval.
Weemoed en ongeneeslike seer.
Begin net soek in die hoekies van jou gemoed.
Dan sugtend voor die gees te roep.
Jy moet net vertrouensvol leun.
En jy sal voel hoe 'n hand jou steun.


|